首页 >  Term: Kognisie
Kognisie

Die geestesfunksie, -proses, -vermoë van waarneem, ken, herken, weet of besef. Al die bewussynsprosesse van perseptuele en konseptuele aard, in teenstelling met die bewussynsprosesse van konasie (die wil) en aflek (die gevoel), wat as die kontinuum van veranderende voorstelling binne die bewussynsveld dwarsdeur die wakende lewe voortduur en bestaan in die sintuiglike waarneming van voorwerpe in die fisies-geografiese omgewing, verbeelde herinnerings aan vorige waarnemings, die opdoen van feitekennis in die sin van leer, bewuste redenasie, oordeel en insig in 'n situasie, en die gebruik van beelde en simbole in die dinkproses.

0 0

创建者

  • collinleon
  • (Klerksdorp, South Africa)

  •  (Gold) 3012 分数
  • 100% positive feedback
© 2024 CSOFT International, Ltd.